Open-access Op weg na Chinese aanleerderswoordeboeke vir buitelan-ders wat in China woon: Enkele probleme verwant aan lemmaseleksie

Abstract

Gedurende die afgelope dekades het verskeie woordeboeke vir vreemdetaalleerders van Chinees ver-skyn. Buiten een prentewoordeboek wat byna heeltemal in die akademiese literatuur geïgnoreer is, het geeneen van hierdie woordeboeke die spesiale behoeftes wat buitelanders wat in China woon en Chinees aanleer, mag hê, in ag geneem nie. In hierdie artikel word hierdie behoeftes, met spe-siale fokus op lemmaseleksie, bespreek. Ons argumenteer dat buitelanders wat in China woon, addisionele woorde benodig wat tipies voorkom in sosiale kontekste waarin hulle hulself dikwels bevind, ongeag of hierdie woorde 'n hoë korpusfrekwensie het of nie. As oplossing hiervoor beveel ons 'n stel seleksiekriteria aan wat korpusfrekwensie en konteksrelevansie kombineer. Laastens bespreek ons hoe loglêers wat gebruikersgedrag weerspieël, as 'n nuwe en baie betroubare empi-riese bron vir lemmaseleksie vir 'n aanlyn Chinese aanleerderswoordeboek gebruik kan word.

chinese aanleerderswoordeboeke; lemmaseleksie; sosiale kontekste; korpusfrekwensie; konteksrelevansie


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba