Open-access Ruimtelike en temporele leksikografiese deiktiese verankering

Spatial and Temporal Lexicographic Deictic Anchoring

Abstract

In hierdie bydrae word daar eerstens aandag gegee aan deiksis as 'n verskynsel in die semantiek. Die oordrag van deiksis na die leksikografie word bespreek en die verskynsel van leksikografiese deiktiese verankering word aan die orde gestel. Dit word aangetoon dat hierdie verankering op verskillende maniere gedoen kan word. Leksikograwe moet telkens besluit hoe hierdie proses ten beste in 'n bepaalde woordeboek uitgevoer moet word. Verskillende tipes teks-segmente kan gebruik word om deiktiese verankering te bewerkstellig en die optrede van teksseg-mente soos aanduiders, aanduidersimbole en aanduiderdele word kortliks bespreek. Die hooffokus is op ruimtelike en temporele leksikografiese deiktiese verankering. Verskillende deiktiese merkers en verankeringsprosedures word bespreek. Daar word aangetoon dat woordeboeke hier naas enkelaanduiders ook soms aanduiderkomplekse gebruik en dat die aanduiderkomplekse 'n eenvormige of 'n hibriedeformaat kan hê. Daar word voorgestel dat suksesvolle deiktiese verankering dikwels vereis dat woordeboeke 'n primêre verankeringsprosedure moet aanvul met sekondêre verankering. Deiktiese verankering word as 'n veelfasige proses beskryf. Die bespreking word deurgaans aan die hand van opgetekende woordeboekvoorbeelde gedoen. Op grond van die bevindinge in die besprekinge word voorstelle aan die hand gedoen vir verbeterde prosedures van deiktiese verankering.

aanduidersimbool; deiktiese verankering; hibriede-aanduiderkompleks; internuitgebreide aanduider; leksikografiese deiksis; leksikografiese deiktiese sentrum; leksikografiese etikette; neologismes; primêre deiktiese aanduider; rudimentêre deiktiese verankering; sekondêre deiktiese aanduider


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba