Open-access Die leksikografie in aksie: Die oorgang van nuutskepping en ikonisiteit na ikonisering

Abstract

In hierdie artikel word gepoog om die Leksikografie en Kritiese Diskoersanalise (KDA) met mekaar te verbind. Dit word gedoen deur te beklemtoon dat die kritiese potensiaal van die Leksikografie geleë is in die vaslegging van woordeboekinskrywings wat as semiotiese handelinge kan funksioneer. Laasgenoemde is daarop gemik is om die lesers te laat saamstem met die sender van die teken se wêreldbeskouing. Ter illustrasie hiervan word "Got Israeled", wat op 21 Oktober 2023 as nuwe inskrywing in die skarebenutte Urban Dictionary bygevoeg is, as voorbeeld gebruik. Hierdie inskrywing word gedefinieer as die handeling om iemand toe te laat om iets met jou te deel, maar hierdie persoon eis dan die item as sy/haar eie op en verdryf jou. Die inskrywing het vinnig op sosiale media versprei en uiteenlopende standpunte ontlok. Die breë reikwydte daarvan is toe te skryf aan die ikoniese aard en vaslegging daarvan tydens die oorlog teen Gaza. Die inskrywing is ook in die Urban Dictionary grootliks gehersemiotiseer en die kritiese potensiaal daarvan het geleidelik toegeneem om sodoende die kolonisasie van Palestina en die kwessie van Joodse nedersettings duidelik te herkontekstualiseer. 36 inskrywings wat tussen 21 Oktober 2023 en 10 Julie 2024 bygevoeg is, word op drie vlakke geanaliseer: nuutskepping, ikonisiteit en ikonisering. Die analise steun op Semiotiese en Sosiaal-Semiotiese raamwerke, wat DeSaussure (1916) se tekensisteem, die Sosiaal-Semiotiese beginsel van gemotiveerde teken (Kress 1993), en Peirce (1931) se beginsels van hipo-ikonisiteit insluit. 'n SFL-gebaseerde analise wat substelsels binne die ideasionele en interpersoonlike metafunksies benut, word gebruik om die 'ikonisering' van die teken te verduidelik (Halliday en Matthiessen 2014, Kress en Van Leeuwen 1996/2021, Martin en White 2005). Die ondersoek beklemtoon tegelykertyd die kritiese potensiaal van die teken en beskryf die transformasie daarvan in 'n saambindende ikoon wat mense rondom die skrywers se beskouings van die wêreld verenig (Stenglin 2008, 2012).

die leksikografie in aksie; nuutskepping; ikonisiteit; ikonisering; urban dictionary; gemotiveerde teken


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba