Open-access Italiaanse afkortingswoordeboeke en die voorbereiding van inskrywings van die Italiaans-Sloweense afkortingswoordeboek

Abstract

In hierdie artikel word die twee hedendaagse Italiaanse afkortingswoordeboeke Malossini (1999) en Righini (2001) aangespreek en word die stand van Italiaanse afkortings in sommige ander Italiaanse woorde-boeke, naamlik die eentalige Zingarelli (2000) en Garzanti (2021) en die tweetalige Sloweens-Itali-aanse (Slenc 2006) en Italiaans-Sloweense (Slenc 1997) woordeboeke bespreek Die doel van die artikel is om die samestelling van die afkortingswoordeboekinskrywings in eentalig Italiaanse, tweetalig Sloweens-Italiaanse/Italiaans-Sloweense en gespesialiseerde afkortingswoordeboeke weer te gee; om die elemente waaruit die woordeboekinskrywings bestaan, uit te lig; om die leem-tes in die samestelling asook voorbeelde van goeie praktyk te beskryf; om sodoende die resultate in die samestelling van die tweetalige Italiaans-Sloweense woordeboekinskrywings van die Slo-weense Kontemporêre Afkortingswoordeboek toe te pas. In die artikel word die samestelling van die tweetalige woordeboekinskrywings weergegee om die leser insig te gee in die elemente van die woordeboekinskrywing, naamlik die gebruik van taal- en veldbepalers, geartikuleerde voorsetsels, m.a.w. preposizioni articolate (saamgestel uit voorsetsels en bepaalde lidwoorde), amptelike verta-lings en addisionele beskrywings.

afkortings; tweetalige woordeboeke; samestelling; woordeboeke; woordeboekinskrywing; uitbreiding; italiaans; leksikogra-fie; sloweens; gespesialiseerde woordeboeke


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba