Open-access 'n Oorsig van China se diplomatieke uitbeelding in die Oxford English Dictionary: 'n Kritiese ontleding van die aanhalings

Abstract

Alhoewel die uitbeelding van China reeds breedvoerig in die diplomatieke diskoers ondersoek is, is dit steeds nie voldoende bestudeer in die Engelse leksikografiese diskoers nie. In hierdie studie word ondersoek hoe die Oxford English Dictionary 'n Westerse uitbeelding van China se diplomasie skep, vaslê, en versprei deur die aanhalings daarin te ontleed. Resultate toon dat 'n uiteenlopende en veelvlakkige diplomatieke beeld van China oorgedra word deur die aanhalings wat handel oor China se interaksies met twee nasiestate - die Verenigde State en Indië - sowel as met Afrika as 'n streeksentiteit. Dit toon kontrasterende uitbeeldings van China: as ekonomies afhanklik en riskant, as ideologies en militêr mededingend met die Verenigde State, as 'n parallelle rolspeler met betrekking tot Indië, en as 'n ekonomiese vennoot van Afrika. Hierdie studie dra by tot 'n dieper begrip van woordeboeke as terreine van ideologiese geskille, waar taalkundige beskrywings en keuses kennis van nasionale identiteite en buitelandse betrekkinge vorm, en die ideologieë en wêreldbeskouings van die samelewings waaruit hulle voortspruit, weerspieël en reproduseer.

China; Diplomatieke Beeld; Aanhalings; Ideologiese Geskille; Betrekkinge


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo