Open-access Leksikografiese datakassies. Deel 2: Tipes datakassies en hulle inhoud, met spesifieke verwysing na woordeboeke vir Engels en die Afrikatale

Abstract

Hierdie artikel, die tweede in 'n reeks van drie oor leksikografiese datakassies, fokus hoofsaaklik op die tipes datakassies en hulle inhoud, met spesifieke verwysing na woordeboeke vir Engels en die Afrikatale. Daar sal voorgestel word dat datakassies in papier- en elektroniese woordeboeke in drie kategorieë verdeel kan word en dat 'n hiërargie tussen hierdie tipes kassies onderskei kan word, d.w.s. (a) 'n onderste vlak - datakassies wat slegs as alternatiewe vir ander leksiko-grafiese aanbiedingsmetodes gebruik word soos die bymekaarbring van verwante items en/of om inskrywings visueel aantrekliker te maak; (b) 'n middelvlak - om meer opvallende kenmerke aan te spreek, bv. die reikwydte, kontras, register, beperkings, ens. en (c) 'n hoogste vlak - essensiële inligting, bv. waarskuwings, taboes en selfs onwettige woorde. Daar word onderskei tussen data-kassies wat universeel van aard is, dit wil sê van toepassing op enige taal, datakassies wat ter sake is vir 'n taalfamilie en datakassies wat van toepassing is op 'n spesifieke taal.

woordeboeke; leksikografiese datakassies; tekskassies; SKADU-DATAKASSIES; AFRIKATALE; SEPEDI; ISIZULU


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba