Abstract
KI-modelle is deesdae daartoe in staat om leksikografiese inhoud te genereer wat net so goed is soos dié wat deur tradisionele woordeboeke geproduseer word. Terselfdertyd kan uiteenlopende resultate verkry word deur verskillende prompe te gebruik. Met inagneming hiervan word daar in hierdie artikel verskillende prompe getoets om aan taalleer-ders te demonstreer hoe om 'n generatiewe KI-model as 'n woordeboek te gebruik. Vanuit 'n prak-tiese oogpunt behoort leerders hul vaardighede in die skep en verfyn van prompe te verbeter om goed beredeneerde en goed gestruktureerde uitsette van KI te verkry.
generatiewe ki; taalmodel; deepseek; aanleerderswoorde-boek; leksikografiese produktiwiteit; prompontwikkeling








