Open-access Die effektiwiteit van Engelse en Georgiese gespesialiseerde vergelykbare korpora in die studie van moderne Georgiese militêre terminologie (binne die konteks van die Russies-Oekraïense oorlog)

Abstract

Ná die ineenstorting van die Sowjetunie en Georgië se strewe na NAVO-lidmaatskap, is verskeie Engels-Georgiese militêre woordeboeke en 'n Georgiese militêre ensiklopediese woordeboek saamgestel. Die toepassing van korpusgebaseerde metodes in terminologiese werk in Georgiese gespesialiseerde leksikografie bly egter skaars, met slegs 'n paar studies wat fokus op die Engels-Georgiese parallelle korpus en semi-outomatiese metodes vir die onttrekking van terme. Die parallelle korpus sluit nie alle genres en onderwerpe in nie, veral nie kwessies wat al meer na vore tree soos die Russies-Oekraïense oorlog nie. Dit het daartoe gelei dat navorsers van vergelykbare korpora vir tweetalige/multitalige projekte gebruik maak. Aangesien geen vorige navorsing Engelse en Georgiese gespesialiseerde vergelykbare korpora gebruik het nie, poog hierdie artikel om die effektiwiteit van hierdie korpora in die identifisering van voorheen onopgetekende moderne Georgiese militêre terme binne die konteks van die Russies-Oekraïense oorlog te bestudeer. Deur 'n gevallestudie van die Engelse term drone en die Georgiese eweknie daarvan "დრონი/droni", word 'n nuwe korpusgebaseerde benadering vir die identifisering van Engelse militêre multiwoorditems en die bepaling van hul Georgiese ekwivalente voorgestel.

Georgies; Georgiese Militêre Terminologie; Gespesialiseerde Vergelykbare Korpora; Korpusgebaseerde Metodes; Kontrastiewe Analise; Russies-oekraïense Oorlog


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top