Open-access Spellingvariasie in A Dictionary of Setswana Personal Names

Abstract

In hierdie artikel word die spellingvariasie in A Dictionary of Setswana Personal Names (Otlogetswe en Ramaeba 2024) ondersoek, om sodoende 'n gaping te vul in die bestaande navorsing wat voorheen gefokus het op algemene Setswana-woordeboeke (Otlogetswe 2015), maar nie op gespesialiseerde woordeboeke soos die een oor persoonsname nie. Die studie steun op ortografiese riglyne, soos uiteengesit in die Standard Orthography of 1981 (Ministerie van Onderwys 1981) en Mokwalo o o Lolameng wa Setswana (Chebanne et al. 2008), terwyl die historiese ontwikkeling van Setswana-ortografie na vroeë werke deur Lichtenstein (1928-1930; 1973) en Livingstone (1875) teruggespoor word. Met behulp van tekstuele analise ondersoek die artikel woordeboektrefwoorde krities om spellingvariante te identifiseer en te kategoriseer. Die bevindings toon talle inkonsekwenthede in die spelling van Setswana-persoonsname wat beïnvloed word deur faktore soos die gelyktydige voorkoms van ouer en nuwer ortografiese standaarde, dialektiese variasie in Setswana-sprekende streke, en onderliggende morfologiese en fonologiese prosesse.

spellingvariasie; a dictionary of setswana personal names; setswana; ortografie


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top