Open-access Koalas, kiwi's en kangaroes: Die uitdagings in die skep van 'n aanlyn Australiese kulturele woordeboek vir aanleerders van Engels as 'n addisionele taal

Abstract

In hierdie artikel word verslag gedoen oor 'n aanlyn kulturele woordeboek vir aanleerders van Engels as 'n Addisionele Taal (EAT) in Australië. Potensiële gebruikers wat Engels vir akademiese doeleindes in 'n Australiese universiteitstoelatingsprogram studeer, het die inligting vir elke fase in die skep van die woordeboek verskaf. Daar is oorweging geskenk aan die behoefte aan so 'n woordeboek; terme wat ingesluit moet word; inligting wat benodig word vir elke inskrywing (insluitend oudio- en visuele materiaal); die gebruik van 'n beperkte definiëringswoordeskat; voorbeeldsinne; notas oor die gebruik van elke term; en die evaluering van gebruikersterugvoer nadat die woordeboek aanlyn verskyn het. Data verkry uit die vraelyste dui daarop dat gebruikers spesifiek waarde heg aan die gebruikersvriendelikheid, voorbeeldsinne, en spesifiek Australiese inhoud (insluitend uitspraak gegee in 'n Australiese aksent). Daar word voorgestel dat meer inskrywings bygevoeg word, en dat kulturele woordeboeke geskep word vir ander variëteite van Engels, sowel as vir ander tale.

australies; kultuur; woordeboek; engels as addisionele taal; aanleerderswoordeboek; aanlyn


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top