Open-access Leksikografiese stilte: Die afwesigheid van etimologie en die politiek van Islamitiese terminologie in die Kamus Besar Bahasa Indonesia

Abstract

In hierdie artikel word die voorstelling van Islamitiese terme wat van Arabies afgelei is, in die Indonesiese leksikografiese praktyk ondersoek, met besondere aandag aan die afwesigheid van etimologiese inligting in verskeie inskrywings van die Kamus Besar Bahasa Indonesia (KBBI). Hierdie studie beoog die identifisering van patrone in die aanbieding van die etimologie en die evaluering van die implikasies daarvan vir die verklaring van godsdienstige terminologie in hedendaagse Indonesiese kontekste. Deur middel van 'n kwalitatiewe benadering word 'n Kritiese Diskoersanalise (KDA) uitgevoer, wat die verhouding tussen taal, verteenwoordiging, en sosiale praktyk beklemtoon. Drie lemmas - istirjaʿ, tayamum en jamak - is op grond van drie kriteria gekies: hul Arabiese herkoms, hul wydverspreide gebruik in sosio-godsdienstige praktyke, en die afwesigheid van etimologiese verklarings in die KBBI. Data is deur middel van dokumentering van leksikografiese inskrywings versamel en vergelyk met Arabiese linguistiese bronne om hul semantiese struktuur en historiese herkoms na te spoor. Die bevindings dui daarop dat, alhoewel die definisies duidelik aangebied word en gerig is op praktiese godsdienstige gebruik, etimologiese inligting dikwels weggelaat word, selfs vir terme met sterk afgeleide strukture in die brontaal. Verder identifiseer die studie teenstrydighede in die etimologiese voorstelling oor leksikale kategorieë heen, waar terme uit sekere tale meer geneig is om verklarings oor hul herkoms te hê as Arabiese godsdienstige terme. Hierdie bevindings dui daarop dat die etimologie nog nie sistematies in Indonesiese leksikografiese praktyke geïntegreer is nie. Dié studie lewer 'n bydrae tot godsdienstige literatuurstudie deur aan te toon hoe linguistiese aanbieding die openbare begrip van Islamitiese terminologie vorm.

Arabies-afgeleide Terminologie; Etimologie; Kbbi; Leksikografie; Godsdienstige Geletterdheid


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo