Open-access Generatiewe Kunsmatige Intelligensie (GenKI) as inligtingswerktuig vir leksikografiese inligtingsbehoeftes

Abstract

Hierdie artikel fokus op GenKI, kletsbotte en sommige implikasies daarvan vir leksikografie en woordeboekgebruik. Die gebruik van GenKI as 'n inligtingswerktuig wat inligting moet verskaf aan eindgebruikers (lesers) met spesifieke inligtingsbehoeftes wanneer hulle 'n teks lees, word bespreek. GenKI kon vroeër inhoud vergelykbaar met dié van 'n woordeboek verskaf, maar kon nie gekontekstualiseerde antwoorde verskaf nie. Dit het verander en die meeste kletsbotte het tans twee modi, naamlik 'n "soekmodus" en 'n "dink/redeneermodus". Hulle kan hulle verskillende betekenisvoorstelle logies binne die gepaste konteks beredeneer en neig om 'n oplossing aan te bied. Hierdie kenmerk word aan die hand van voorbeelde bespreek, en dit lyk asof kletsbotte nou korrekte kontekstuele betekenis kan verskaf en die keuse logies binne die konteks kan motiveer, gebaseer op hulle kritiese analise en denkvaardighede, alhoewel hulle steeds "hallusineer" as hulle nie 'n antwoord het nie. Hierna word die rol van woordeboeke en leksikograwe in 'n KI-versterkte wêreld bespreek. Die tradisionele opdrag van woordeboeke om die status en geskiedenis van 'n taal te dokumenteer, is steeds 'n belangrike funksie wat aangemoedig moet word, veral in omgewings met beperkte taalhulpbronne. Die verkenning van nuwe kommersiële ondernemings, insluitend die nuutste tegnologieë, is egter noodsaaklik vir die toekoms van die dissipline en die industrie.

betekenis; generatiewe kunsmatige intelligensie; genki; hallusineer; inligtingsbehoetes; inligtingwerktuie; kletsbot; kontekstualisering; koppelvlak; teksbegrip


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top