Open-access Leksikografiese datakassies. Deel 3. Aspekte van datakassies in tweetalige woordeboek en 'n perspektief op huidige en toekomstige data-kassies

Abstract

Hierdie artikel, die derde in 'n reeks van drie oor leksikografiese datakassies, fokus eerstens op aspekte van datakassies in tweetalige woordeboeke met die klem op verskillende benaderings in tweetalige woordeboeke met 'n Afrikataal as een van die lede van die behandelde taalpaar. Daarna gaan die bespreking voort deur te kyk na 'n paar nuwe maniere om datakassies in aanlyn woordeboeke te gebruik. Daar word aangetoon dat die moontlikhede wat die nuwe medium bied, leksikograwe in staat stel om datakassies op sowel tradisionele as nie-tradisionele maniere te gebruik. Daar word aangevoer dat die datakassies gebruik kan word om 'n verskeidenheid doel-eindes te bereik, wat wissel van navigasie-inligting en die verskaffing van belangrike inligting tot toegang tot relevante data in woordeboek-interne en woordeboek-eksterne bronne. Leksikograwe van aanlyn woordeboeke het nuwe maniere bekendgestel om datakassies te gebruik wat nog nie volledig in die metaleksikografiese literatuur bespreek is nie. Hierdie artikel gee 'n identifisering en 'n kort bespreking van sommige van hierdie innoverende gebruike van datakassies. Dit beklem-toon die potensiaal wat die aanlynomgewing aan die leksikografie bied. Leksikograwe moet bewus wees van hierdie moontlikhede en uitdagings. Deur met 'n meer omvattende gebruik van datakas-sies te begin, kan woordeboeke selfs beter kennishouers word en hul gebruikers op 'n optimale manier dien.

Woordeboeke; Datakassies; Opspringkassies; Hiperskakels; Afrikatale; Sepedi; Isizulu; Soekdomein; Soekuniversum; Dataverspreiding


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo