Open-access Terminologiebestuur binne die Suid-Afrikaanse konteks

Terminology Management in the South African Context

Abstract

Hierdie artikel ondersoek die sistematiese bestuur van terminologiese inligting in Suid-Afrika deur middel van terminologiebestuursisteme. Daar word argumenteer vir 'n gestruk-tureerde benadering tot terminologiebestuur binne verskillende kontekste, naamlik op makro-, meso- en mikrovlak. Daar word spesifiek gefokus op terminologiebestuur binne die kommersiële konteks wat binne 'n organisasie produktiwiteit kan verhoog, doeltreffende kommunikasie kan verseker en opbrengs op belegging kan verbeter. Die belang van gebruikersgeoriënteerde terminologieprodukte word beklemtoon waar daar spesifiek aandag aan die profiel van die teikengebruiker gegee word. Verskeie tipes sagteware vir terminologiebestuur, d.i. losstaande, internetgebaseerde en mobiele toepassings, word bespreek. Hierdie bespreking sluit ook die kennisgebaseerde benadering tot terminologie in. Die artikel stel 'n praktiese terminologiewerkvloeidiagram voor wat geskik is vir die veeltalige Suid-Afrikaanse konteks. Dit wys op die noodsaaklikheid van verdere navorsing, institusionele ondersteuning en gebruikersbetrokkenheid om 'n volhoubare terminologie-infrastruktuur in Suid-Afrika te vestig.

terminologiebestuur; terminologiebestuursisteme; terminologieprodukte; kommersiële konteks; opbrengs op belegging; makro-; meso en mikrovlak; teikengebruiker; sagteware; kennisgebaseerde benadering tot terminologie; terminologiewerkvloeidiagram


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top