Open-access Op weg na 'n regswoordeboek Nederlands-Limburgies: Voor-keure en geleenthede

Abstract

Limburgies is 'n streektaal in die Limburg-streek wat meestal uit die Belgiese en Nederlandse provinsies van Limburg bestaan. In die bespreking word gefokus op die Nederlandse provinsie van Limburg waar Limburgies reeds 'n bietjie wetlike erkenning as taal ontvang het. Alhoewel die Limburgiese regsterminologie nie 'n funksionerende regstaal in enige regstelsel is nie, is dit wenslik om oor 'n Nederlands-Limburgiese regswoordeboek te beskik om die Nederlandse reg weer te gee. Spesiale strukture en data word benodig om toeganklike inhoud vir 'n Nederlands-Limbur-giese regswoordeboek te versamel. Daar is egter geen konsep vir die skep van 'n tweetalige woor-deboek vir 'n enkele jurisdiksie nie. Daarom word die opsies vir die ontwerp van die beplande woordeboek eers in hierdie artikel beskou voordat moontlike bronne vir Nederlandse en Limbur-giese data bespreek word. Ter afsluiting word daar gekyk na die onmiddellike uitdagings wat oorkom moet word voordat 'n bruikbare en volledige Nederlands-Limburgiese regswoordeboek saamgestel kan word.

gespesialiseerde woordeboeke; vakwoordeboek; leksiko-GRAFIE; MEERTALIGE WOORDEBOEKE; TWEETALIGE WOORDEBOEKE; EKWIVALENSIE; KULTUURAFHANKLIKE DOMEINE; REGSTAAL; NEDERLANDS; STREEKTAAL; LIMBURGIES


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba