Open-access Waar hulpbronne skaars is: Die maak van beperkte tweetalige aanleerderwoordeboeke in 'n Malawiese gemeenskap met geringe hulpbronne

Abstract

Baie minderheidstaalgemeenskappe in sub-Sahara Afrika moet in nasionale onderwysstelsels werk wat oorheers word deur tale waarmee hulle onvertroud is en waarin hulle nie hulpbronne en gereed-skap het om te leer nie. Wanneer dit saamval met 'n swak politieke wil om minderheidstale te befonds, word dit gedugte hindernisse vir leer en ontwikkeling (Matiki 2006: 244, 246; Prinsloo 2017: 20). Baie minderheidstale word ook nie buite hierdie gemeenskappe verstaan of gepraat nie, en daar is min hulpbronne om mense te help om taalvaardiger te word, wat tot groot kommunikasiegapings lei. Hierdie artikel ondersoek hoe 'n span amateur-Yawo-leksikograwe in Malawi gewerk het om hierdie hindernisse te oorkom om twee tweetalige aanleerderwoordeboeke (Engels-Ciyawo; Ciyawo-Engels) met beperkte woorde in boek- en slimfoonformaat te produseer. Meer spesifiek word daar verduidelik hoe die span opgelei is, asook hoe 'n beperkte organiese korpus uit mondelinge onder-houde ontwikkel is as 'n metode om 'n ongebalanseerde korpus aan te vul, en die belangrikheid van samewerking. Die artikel neem ook die taalkundige en pedagogiese teorieë fundamenteel vir die projek onder die loep, insluitend dat tweedetaalleerders tweedetaalbevoegdheid meer doeltreffend ontwikkel deur gebruik te maak van 'n saamgestelde trefwoordlys van hoëfrekwensie- en hoogs relevante woorde (Nation 2022: 15-17; Bayetto 2018: 12).

ciyawo; armoede; tweetalig; leerder; woordeboek; onderwys; malawi; afrika; oxford; leksikografie; slimfoon; toepassing; korpus; taal


location_on
Bureau of the WAT Woordeboek van die Afrikaanse Taal, Lexikos Posbus 245, Stellenbosch, Western Cape, ZA, 7599, Tel: +27 21 808 9046 - E-mail: tha@sun.ac.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top