Abstract
In hierdie artikel word 'n praktiese toepassing van die leksikale prototipe-teorie in die leksikografiese praktyk aangebied en 'n konsepmodel van 'n aanleerderswoordeboekinskrywing vir 'n polisemiese woord gebaseer op die leksikale prototipe daarvan, word voorgestel. Die leksikale prototipe (LP) word beskou as die semantiese kern van 'n polisemiese woord wat op die vlak van die taalsisteem funksioneer en word in werklike spraak deur kontekstuele betekenisse verteenwoordig: die primêre betekenis (PB), metonimiese, en metaforiese betekenisse. Die opstel van 'n woordeboekinskrywing wat op die LP gebaseer is, verg die rekonstruksie van die LP deur die analisering van die kontekstuele betekenisse in verhouding tot die PM om sodoende die minimale stel semantiese kenmerke wat deur al die betekenisse van die woord gedeel word, te bepaal. Die voorgestelde metode vir die leksikografiese beskrywing van polisemiese woorde bied 'n nuwe perspektief op polisemie as 'n linguistiese verskynsel en beweeg terselfdertyd weg van die lysgebaseerde metode.
leksikografie; aanleerderswoordeboek; woordeboekinskrywing; polisemie; leksikale prototipe; primêre betekenis; metonimie; metafoor; kognitiewe linguistiek
