Open-access Die mentor van ontwikkelende navorsers in hoëronderwys: 'n "gemeenskap van praktisyns"-perspektief

Hierdie artikel doen verslag oor die mentorskap van ontwikkelende navorsers, wat veral vroue en swart akademici insluit, by 'n Suid-Afrikaans hoëronderwysinstansie. Die mentormodel wat gebruik is, is deur 'n "gemeenskap van praktisyns" (GvP)-perspektief beïnvloed wat gesitueerde en konstruktiwistiese leerteorieë as konseptuele raamwerk gebruik het. Een mentor en elf protégés is betrek. Laasgenoemde is verdeel in drie groepe van twee, vier, en vyf deelnemers elk. Elke groep het gefunksioneer as 'n GvP met 'n navorsingsprojek van hulle eie keuse. Die studie het ten doel om die mentormodel te evalueer. Dit verduidelik dus die deelnemers se sienings van hulle leer en ontwikkeling vanuit 'n GvP-perspektief. Data-in-sameling is deur middel van onderhoude en observasie ge-doen. Bevindings toon aan hoe hulle ontwikkeling van wettige, periferale deelname na meer sentrale deelname beïnvloed is deur die universiteitskonteks, aktiwiteite en verhoudings in die GvP en hulle eie gesindhede. Aanbevelings om die model te verbeter asook vir verdere navorsing word ook aangetoon.

gemeenskap van praktisyns; gesitueerde leer; hoër onderwys; konstruktiwistiese leer; mentor; navorsingsontwikkling


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba