Open-access Christosentriese etiese gedrag en ekologiese krisis: Watter hulpbronne bied die konsepte van orde in die skepping en eskatologiese hoop?

Abstract

Die ekologiese krisis, asook 'n beperkte etiese antwoord hierop, dwing 'n besinning oor die vernuwende potensiaal van Christelike etiek vir 'n afgodiese samelewing wat grootliks gevorm is deur 'n dominante ekonomiese kultuur. Die doel van hierdie artikel was om te ondersoek hoe die konsepte van orde in die skepping en eskatologiese hoop nuttig kan wees in die verstaan en die formulering van 'n Christus-gesentreerde etiese antwoord op die ekologiese krisis. 'n Oorsig van die relevante literatuur, beperk tot insigte uit die Reformatoriese filosofie en ekoteologie oor die konsepte van orde in die skepping en eskatologie, is aangebied. Die belangrikste interne spanningsvelde in die gebruik van die konsepte skeppingsorde en eskatologiese hoop in 'n Christus-gesentreerde eko-etiek is uitgelig en bespreek. Sekere implikasies vir die verdere verduideliking en die ontwikkeling van 'n Christus-gesentreerde eko-etiek is beskryf.


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba