Open-access Hermeneia: 'n Teologiese gesprek oor hermeneutiese vrae met drie Suid- Afrikaanse teoloë

Hermeneia: A theological discourse on hermeneutical issues with three South African theologians

Onder die Afrikaanse kerke bestaan n Tussenkerklike Raad wat van tyd tot tyd ontmoet om oor aktuele onderwerpe n gesprek te voer. Hierdie artikel bevat n verwerking van n voordrag oor hermeneutiek wat tydens so n ontmoeting in 2009 gelewer is. In die artikel word enkele inleidende opmerkings oor hermeneutiek gemaak, waarna die outeur - ter wille van die debat - die hermeneutiese modelle van drie teoloë uit drie kerke krities ondersoek. Deurgaans blyk watter groot rol her-meneutiek by Skrifinterpretasie speel - en behoort te speel. Vanweë die besondere aktualiteit en belangrikheid daarvan, is een tema uit die teologie, naamlik Christologie, aan n dieper ondersoek onderwerp. Ten slotte doen die skrywer enkele riglyne aan die hand wat syns insiens tot n beter Skrifverstaan kan bydra. Die polemiese aanslag van die artikel moet teen die agtergrond van die ontstaansgeskiedenis daarvan verstaan word.

hermeneutiek; hermeneutiese modelle; interpretasie; Skrifbeskouing; Skrifverstaan


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo