Open-access "Omgeeskole" - 'n oplossing om uitdagende gedrag in skole te hanteer?

Verslae in die media toon dat uitdagende gedrag lankal nie meer die uitsondering op die reël is in Suid-Afrikaanse skole nie. Uitdagende gedrag is voorts ook gewelddadig van aard, wat 'n verdere rede tot kommer veroorsaak. In hierdie artikel word die konsep "omgeeskole" verken as 'n wyse om uitdagende gedrag te hanteer. Navorsing is by agt primêre, Suid-Afrikaanse skole onderneem. Die gevolgtrekkings gemaak op grond van hierdie navorsing, is deur die navorsingsbevindings van ander navorsers geverifieer, soos blyk uit die literatuurstudie. 'n Kerngedagte wat uit die navorsing blyk, is die identifisering van gedragspatrone, soos ontleen aan 'n etiek van omgee, wat eie is aan 'n omgeeskool. Die impak daarvan op leerders se uitdagende gedragspatrone, soos blyk uit hulle onbevredigde emosionele behoeftes, blyk ook hieruit. Die navorsingsresultate lei tot die gevolgtrekking dat "omgeeskole" 'n moontlike oplossing kan bied om uitdagende gedrag in Suid-Afrikaanse skole te hanteer.

dissipline; etiek van omgee; gewelddadige gedrag; omgeeskole; onbevredigde emosionele behoeftes; uitdagende gedrag


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba