Open-access Die veranderende gelaat van Amerikaanse barmhartigheid: Etnisiteit, godsdiens en wêreldbeskoulike konflik

Die aankondiging van steun aan "Geloofsgebaseerde Inisiatiewe" deur Barack Obama het talle mense geskok. Ander mense weer het dit gesien as 'n politieke set, omdat hierdie program en beleid juis een van die Bush-administrasie se meer onpopulêre progamme was. Die idee van "Geloofgebaseerde Inisiatiewe" is eerste deur die Clinton-presidensie voorgestel met ondersteuning van liberale politici soos senator Joe Liebermann. In hierdie artikel word die populêre wanopvattings oor die rol van godsdiens in die VSA bespreek ten einde aan te toon dat hierdie aangeleentheid veel meer kompleks is as wat die media en 'n groot aantal outeurs voorgee dat dit is. Die aanval op die "Geloofsgebaseerde Inisiatiewe" het verreikende implikasies vir die verhouding tusssen Christendom en die politiek, sowel in die VSA as in die res van die wêreld. Dit stel ook vraagstukke aangaande etnisiteit, godsdiens en die konflik van wêreldbeskouings aan die orde.

Christendom en politiek; etnisiteit en godsdiens; Geloofsgebaseerde Inisiatiewe; konflik van wêreldbeskouings


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top