Daar is wêreldwyd 'n geweldige tekort aan oorplantbare mens-like organe. Die wyse waarop organe tans verkry word, kan nie in die aanvraag voorsien nie. 'n Nuwe benadering het nood-saaklik geword. Terwyl organisasies in verskeie lande spook om mense te motiveer om vrywillig organe te skenk, floreer die internasionale swartmark in orgaanhandel. In Suid-Afrika is een moontlike oplossing om huidige wetgewing te verander deur orgaanhandel 'n spesifieke misdaad te maak, soos in die Verenigde Koningryk. Meer organe vir oorplanting is egter in die erkende stelsel noodsaaklik. Om dit te bereik, word beter ver-goeding aan skenkers aanbeveel, asook die toelating van 'n gereguleerde orgaanmark.
eksploitasie van armes; orgaanoorplantings; orgaanverhandeling, orgaanverkope