Open-access 'n Prakties-teologiese ondersoek na die uitwerking van afwesige vaders: 'n Verkennende kwalitatiewe ondersoek in die Promosa-gemeenskap

A practical theological investigation into the effect of absent fathers: An exploratory qualitative investigation in the Promosa community

In hierdie artikel word aangetoon dat empiriese navorsing gebruik kan word om literatuurstudies oor die afwesige vader en die gevolge soos sosiale, sosio-ekonomiese en psigologiese probleme te bevestig. Daar is eers 'n literatuurstudie gedoen oor die rol van die vader waar die relevante aspekte in 'n breër konteks ondersoek word. Die bevindings van 'n kwalitatiewe ondersoek deur agt vroue van Promosa (Potchefstroom) as fokusgroep te gebruik, het die voorlopige resultate van die literatuurondersoek bevestig. Die uitkomste mag belangrike implikasies in die veld van praktiese teologie en pastorale begeleiding vir hierdie vroue en kinders van afwesige vaders inhou. Daar word ook riglyne voorgestel vir pogings om vaders meer betrokke te kry.

afwesige vaders kwalitatiewe ondersoek praktiese teologie; Promosa gemeenskap


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba