Open-access Spirituality in the workplace in South Africa: A systematic literature review

Abstract

AGTERGROND: Spiritualiteit is 'n multidimensionele konsep wat die nastrewing van 'n persoon se algemene welsyn en gesondheid omvat, wat geïntegreerdheid met die self, ander, natuur en die bomenslike insluit. Spiritualiteit in die werkplek sluit die integrasie van spiritualiteit in organisatoriese en werksdinamika in. Doel Hierdie sistematiese literatuuroorsig het empiriese navorsingsbewyse verkry en gesintetiseer om die invloed en ervaring van waargenome spiritualiteit by die werk op werkers in die Suid-Afrikaanse werkplek te verken. METODOLOGIE: Die sistematiese literatuurstudieplan is op die Open Science Framework geregistreer. Sleutelwoordsoektogte is gedoen, en studies is gesif met behulp van die Preferred Reporting Items for Systematic Reviews and Meta-Analyses- (PRISMA) proses en -kontrolelys. Spesifieke in- en uitsluitingskriteria het die tweede sifting en keuring van artikels gelei. Een-en-dertig (31) artikels pas by die spesifieke kriteria vir insluiting in die oorsig. Relevante data is onttrek deur tematiese analise te gebruik. BEVINDINGE/RESULTATE: Die respondente in die verskillende studies het oor openbare en private sektore gestrek en verskeie beroepe en etnisiteite ingesluit. Die artikels wat nagegaan is, het aangedui dat die persepsie van spiritualiteit in die werkplek gemanifesteer het in 'n verskeidenheid konstrukte en konsepte, wat individuele, groeps- en organisatoriese vlakke positief beïnvloed. Die oorsig het aangedui dat genuanseerde kontekstuele verskille 'n rol in die ervaring van spiritualiteit in die Suid-Afrikaanse werkplek kan speel. PRAKTIESE IMPLIKASIES: Die literatuuroorsig stel potensiële konstrukte voor om werkplekspiritualiteit in Suid-Afrika te verstaan, met toekomstige navorsingspotensiaal vir die bou van 'n raamwerk wat 'n pluralistiese model van spiritualiteit by die werk bevorder. OORSPRONKLIKHEID/WAARDE: Begrip van spiritualiteit in die Suid-Afrikaanse werkskonteks kan daartoe bydra om produktiewer en gesonder organisasies tot stand te bring. Data wat voorsien is, skep ook 'n basis vir die ontwikkeling van 'n potensiële raamwerk vir die implementering van spiritualiteit in Suid-Afrikaanse organisasies.

betekenisvolheid; organisatoriese spiritualiteit; sistematiese literatuurstudie; spiritualiteit; Suid-Afrika; welstand; werksplek


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top