Open-access Die hantering van gevalle van ernstige probleme met leerderdissipline in Suid-Afrikaanse skole: 'n Vergelykende studie tussen Suid-Afrika en internasionale lande

Abstract

Suid-Afrikaanse skole het met probleme met leerders se dissipline te kampe. Die doel van hierdie artikel is om gevalle van ernstige probleme met leerderdissipline in 'n verteenwoordigende steekproef van buitelandse onderwysstelsels te ondersoek om riglyne vir Suid-Afrikaanse skole te vind. Agt onderwysstelsels is ondersoek: Brasilië, Engeland, Turkye, Singapoer, Maleisië, China, Australië en Nieu-Seeland. In die internasionale stelsels wat ondersoek is, is belowende modelle aangetref, naamlik die National Safe Schools Framework (NSFF) in Australië, Response Early Intervention and Assessment Community Health-program (REACH) in Singapoer, die Nasionale Onderwysplan in die staat Sáo Paolo, Brasilië, asook twee modelle in die kategorie positiewe dissipline in Nieu-Seeland, te wete die Respectful Schools: Restorative Practices in Education en die Minister van Onderwys van Nieu-Seeland se Positive Behaviour for [a] Learning Action Plan. 'n Studie oor internasionale praktyke en die beginsels onderliggend aan die hantering van dissplineprobleme in (Christelike of sekulêre) opvoedingsituasies kan riglyne vir Suid-Afrikaanse onderwysers en onderwysowerhede verskaf.


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top