Open-access Gereformeerde piëtisme, Hieronymus van Alphen (17461803) en die hemelse versugting in Susanna Smit (1799-1863) se godsdienstige dagboeke

Reformed Pietism, Hieronymus van Alphen and the heavenly quest in Susanna Smit's spiritual diaries

Abstract

Hieronymus van Alphen se stigtelike poësie sien die lig op n tydstip wat die Nederlandse piëtisme 'n hoogtepunt bereik. Van Alphen se poësie val in twee kategorieë uiteen: poëtiese verse en digsange. Saam met Pieter Leonard van de Kasteele, was Van Alphen verantwoordelik vir die Proeve van stichtelijke mengel-poesij wat in 1771 verskyn het. Dié bron het ook in die Kaapse geloofsgemeenskap neerslag gevind. Sy Proeve van liederen en gezangen (1802 [1801]) het eweneens groot effek in Nederlandse gereformeerde kringe en aan die Kaap gehad. Beide werke speel in die Voortrekkervrou Susanna Smit se geloofsprofiel 'n belangrike rol. Dit is egter veral die sug na die hemelse vereniging met Christus wat in dié verband by Susanna sterk na vore tree. In hierdie artikel word die neerslag van Van Alphen se piëtistiese poësie in Susanna se godsdienstige dagboeke en die effek daarvan op haar godsdienstige mentaliteitsprofiel ondersoek

Gedigte; Hieronymus van Alphen; mistiek; piëtisme; Susanna Smit


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo