Open-access Professor Bennie van der Walt: 'n Brugbouer tussen wit Afrikaners en swart Afrikane

Hierdie artikel bring eer aan professor Bennie van der Walt as brugbouer tussen wit Afrikaners en swart Afrikane, en as gerespekteerde Christelike akademikus. Die geskiedenis van Westerse kolonialisme het Suid-Afrika se burgers verdeel en teen mekaar gedraai deur middel van wit rassisme en die leerstelling van apartheid. Hierdie leerstelling van rasseverdeling het wit Afrikaners weggehou van swart Afrikane. Apartheid as vorm van politieke, sosiale, kulturele en religieuse rassisme is egter nou deel van Suid-Afrika se geskiedenis. Die rol wat professor Van der Walt gespeel het om die gaping tussen die rasgebaseerde verdeeldheid te oorbrug, is hoogs prysenswaardig en behoort erken en waardeer te word - vandaar die primêre doelwit van hierdie artikel terere van sy 71e verjaardag. Die artikel bespreek ook professor Bennie van der Walt se ontsaglike bydrae tot Christelike wetenskap in Afrika.

Christelike wetenskapsbeoefening; filosofie van Christelike hoëronderwys; reformatoriese wêreldbeskouing; swart Afrikane; wit Afrikaners


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top