Open-access Die mitiese grondslag van Nasionale Sosialisme en die kontemporêre bewering dat die Nazi's Christene was

Hierdie artikel ondersoek die idees van Alfred Rosenberg, die "hoof-ideoloog" van die Duitse Nasionale Sosialisme. Die doel van hierdie artikel is om aan te toon dat, in teenstelling met die bewerings van 'n groeiende aantal persone aangemoedig deur die sogenaamde "nuwe ateïsme", die Nazi's 'n samehangende wêreldbeskouing gehuldig het wat radikaal anti-Christelik was. Hierdie standpunt word verdedig. Ten einde hierdie skrywers en sprekers se kritiek teenoor die Christendom verantwoordelik te hanteer, moet Christene bewus wees van die Nazi-wêreld-beskouing en die diep verworteling daarvan in die moderne paganisme.

anti-Christelike propaganda; Nazisme; neo-paganisme; nuwe ateïsme


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo