Open-access Die deugsame navorser: 'n christelik deug-etiese perspektief op wetenskaplike integriteit

Abstract

In hierdie artikel word ondersoek hoe vier deugde - nuuskierigheid, beskeidenheid, diensbaarheid en noukeurigheid - navorsers kan help om weerstand te bied teen die versoekings en risiko's van die moderne wetenskapspraktyk. Deur toenemende kompetisie, druk om te presteer en institusionele verwagtinge kom navorsers onder groot druk te staan, wat kan lei tot tyfelagtige of selfs bedrieglike navorsingspraktyke. Reëls en protokolle bied onvoldoende beskerming hierteen; ware navorsingsintegriteit vereis innerlike vorming. Die artikel plaas daarom die persoon van die navorser sentraal: wetenskap is nie 'n meganiese proses nie, maar 'n menselijke praktyk waarin karakter, oortuigings en bedoelings bepalend is vir betroubaarheid en geloofwaardigheid. Volgens die outeurs bied 'n christelik deug-etiese benadering 'n vrugbare raamwerk om hierdie morele dimensie te verstaan. In hierdie perspektief vind wetenskap plaas coram Deo en word dit gesien as deelname aan die verstaan van God se skepping. Die vier deugde word verbind met die klassieke kardinale deugde van Aristoteles en daarna vanuit reformatoriese perspektief uitgewerk as wetenskaplike karaktereienskappe. Nuuskierigheid is gerig op waarheidsliefde; beskeidenheid beskerm teen selfoorskatting; diensbaarheid oriënteer wetenskap op die gemeenskaplike goed; en noukeurigheid waarborg nougesetheid, eerlikheid en respek vir mens en werklikheid. Saam vorm hulle 'n morele habitus wat navorsers help om versoekings te weerstaan en wetenskap as 'n roeping te beoefen: nie tot eer van hulself nie, maar tot voordeel van mens en skepping en uiteindelik tot eer van God.

beskeidenheid; christelike deug-etiek; diensbaarheid; navorsingsintegriteit; noukeurigheid; nuuskierigheid


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top