Open-access "Gaan elke dag uit en maak bymekaar...": Implikasies van die etiek van Eksodus 16 vir die moderne verbruikerswese

Hierdie artikel fokus op die etiese beginsels wat uit die geskiedenis van die manna in Eksodus 16 voortspruit en die betekenis van hierdie beginsels vir die groeiende verbruikerskultuur van ons tyd. Die beginsels wat hier ter sprake is, is dié van arbeid en rus, verantwoordelike verbruik, mededeelsaamheid, die beskerming van die omgewing en die herinnering aan God se besorgdheid oor die mens en die skepping. Die moderne verbruikerskultuur met sy onderliggende neo-liberalistiese filosofie druis skynbaar teen hierdie beginsels in op veelvuldige wyses. Die etiese beginsels van die mannageskiedenis is dus besonder relevant in die huidige etiese diskoers oor ekonomiese beplanning, arbeid en rus, die omgewing en die vraag oor God se betrokkenheid in die huidige wêreld.

arbeid; eko-etiek; herinnering; mededeelsaamheid; neo-liberalisme; verbruikerskultuur


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo