Open-access Why the fuss over Brown's The Da Vinci code? The dynamism of "icons" and the in/stability of meaning

Waarom die stryd om Brown se The Da Vinci code? Die dinamiek van "ikone" en die on/stabiliteit van betekenis

Dan Brown se boek, "The Da Vinci code" (2003) en die daaropvolgende rolprent met dieselfde naam (2006), het redelik woelinge binne Christelike kringe, maar ook daarbuite veroorsaak. Die oorsaak van die geskilgesprekke is dat, ten spyte daarvan dat Brown sy werk duidelik as fiksie aanbied, hy persone, gebeure en temas aanwend wat in godsdienstige kringe, en veral in Christelike kringe, as heilig beskou word. Sodanige heilige persone, gebeure en temas dra 'n hoë sensitiwiteitswaarde vir gelowiges: die betekenisse daaraan geheg word as inherent standhoudend beskou, met daaraan gekoppelde konnotasies van permanensie en ewigheid. Verskillende soorte letterkunde herinterpreteer egter vaste betekenisinhoude wat die waargenome stabiliteit ontanker, sodat 'n nuwe betekenisdinamiek moontlik word - iets wat vreemd is aan algemene idees rondom 'n vasgestelde betekenis.

betekeniskonstruering; herinterpretasie van godsdiens; ikone as vasgestelde betekenis; The Da Vinci code


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba