Open-access Institusionele identiteit: 'n moontlike oplossing vir die godsdiens in/en onderwys-dilemma

Wêreldwyd het onderwysbeleidmakers te doen met die vraagstuk van godsdiens in/en die onderwys - selfs in die mees homogene samelewings. Verskeie strategieë is al in die verlede bedink om die probleem die hoof te bied, maar hulle skiet almal te kort in terme daarvan om 'n ewewig op die universeel-partikulier-kontinuum te vind. Daar is egter nog 'n manier om die gewenste balans op die kontinuum te vind, naamlik deur met die gedagte van die institusionele identiteit van elke skool te werk, en om op grond daarvan elke skoolgemeenskap die vryheid te gun om die soort godsdiensonderwys te kies wat die beste sal voldoen aan sy eie besondere behoeftes en omstandighede.

universeel-partikulier-probleem; etos; godsdiensonderwys; institusionele identiteit; skool


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top