Open-access Perspektiewe vir 'n normatiewe politiek: Die boodskap van die Instituut vir Reformatoriese Studie (IRS) tydens 'n stormagtige staatkundige tydperk (1976-1996) in Suid-Afrika

Perspectives for a normative politics: The message of the Institute for Reformational Studies (IRS) during a turbulent constitutional period (1976-1996) in South Africa

Hierdie artikel het 'n tweevoudige doel. In die eerste plek ondersoek dit die politieke boodskap van die IRS gedurende die periode van ongeveer 1976 tot 1996 asook die betekenis daarvan vir die huidige politieke bestel in Suid-Afrika. In die tweede plek voorsien dit die resultate van 'n bibliografiese ondersoek na IRS-publikasies oor politiek en aanverwante sake. Die eerste (sistematiese) gedeelte begin met die lewensbeskoulike grondslae van 'n Christelike perspektief op politiek. Daarna word die waarde van 'n struktuuranalise van die staat in detail verduidelik. Dié gedeelte sluit af met enkele riglyne oor hoe dié visie deur politieke aksie verwesenlik kan word. In die tweede (bibliografiese) afdeling is die materiaal (om die historiese lyn te kan aantoon) kronologies weergegee en die verskillende IRS-reekse word (met die oog op verdere navorsing) ook afsonderlik weergegee.

amp; gesag en mag; burgers (onderdane); Instituut vir Reformatoriese Studie; owerheid (regering); politiek: Christelike/normatiewe; staat


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba