Open-access Johannes Calvyn, 2 Samuel 2:8-32 en weerstand teen die burgerlike owerheid: uiterste dubbelsinnigheid of beheersing van kontekstuele eksegese?

Abstract

Deur die jare was dit die oorwoë mening van kenners dat Johannes Calvyn gewapende weerstand teen die regmatige - hoewel onderdrukkende - owerheid as onwettig in die wêreld van die 16de eeu beskou het, en dat dit daarom ook onwettig vir vandag is. Daarenteen is hulle van mening dat die regmatigheid van gewelddadige weerstand teen die onderdrukkende owerheid, soos dit later deur die Hugenote, Skotse 'Covenanters' en Engelse Parlementariërs ontwikkel is, eerder in die denke van Theodore Beza gegrond was, na bewering in afwyking van Calvyn. Oënskynlik word hierdie mening uitsluitend gebaseer op 'n lesing van die Institusie 4.20.31. Hierdie artikel ondersoek of Calvyn se preke oor 2 Samuel, gehou in 1562, die aantyging van dubbelsinnigheid wat deur die berugte "miskien" van paragraaf 31 opgeroep word, kan weerlê. En indien wel, of hierdie preke 'n ontwikkeling in Calvyn se denke aantoon, wat in 'n onversoenbare teenstrydigheid staan met die posisie wat in die laaste hoofstuk van die Institusie ingeneem word.

Calvyn; weerstand; heerser; Protestant; Frankryk


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top