Abstract
Christene, as gelowiges en navolgers van God se Woord, is aangestel volgens die Bybel as rentmeesters van die geskepte biofisiese wêreld (Genesis 1:26-31; Genesis 2:15). Hierdie taak word uitgevoer deur die beoefening van omgewingsrentmeesterskap (ES). In n sekulêre konteks word omgewingsorg bevorder deur omgewingsleer (EE). Die Tbilisi-verklaring (1977) verwoord spesifieke mikpunte, doelwitte en beginsels van EE wat al dekades lank deur omgewingsopvoeders gevolg word. Hierdie studie se doel was om te bepaal tot watter mate die Tbilisi-doelwitte van EE in die Christelike konteks van toepassing is waar EE beoefen word met die onderrig vir ES. Bevindings uit navorsing dui daarop dat buiten die vyf Tbilisi-doelwitte, daar 'n addisionele doelwit is vir die onderrig vir ES. Hierdie doelwit is die bevordering van gesag vir die omgewing wat die Tbilisi-doelwitte vir die ontwikkeling van omgewingsbewustheid voorafgaan. Eerbied vir God se skepping lê die Christelike hunkering om God te gehoorsaam en ere aan God te betoon, ten grondslag aan. In die kerk moet die onderrig vir ES dus eerstens gebaseer wees op die kweking van eerbied vir God se skepping. Daar word geredeneer dat ES meer effektief sal wees indien eerbied vir die skepping op die voorgrond is.
Doelwitte van omgewingsleer; omgewingsrentmeesterskap; Christelike rentmeesterskap; eerbied vir die skepping