Open-access Die histories-teoretiese verband tussen postmodernisme en Marxistiese epistemologie: 'n Christelike perspektief

The historical-theoretical relationship between postmodernism and Marxist epistemology: a Christian perspective

Abstract

Postmodernisme se epistemologie, wat vir die bevordering van antimetanarratiewe, se kernintelligentsia bekend is, toon duidelike marxistiese vooronderstellings. Akademici het a verskeie pogings aangewend om 'n verband tussen postmodernisme en marxisme aan te toon. Postmodernisme se bevordering van antimetanarratiewe en die positiewe gesindheid wat teenoor die marxistiese metanarratief in sommige van hierdie denkrigtings sigbaar is, skep 'n anomalie. Binne die historiese ontwikkeling van marxisme kan elemente van hierdie anomalie beter verstaan word. Die artikel toon aan hoe die mislukkings van kommunisme histories bygedra het tot sommige aspekte wat binne postmodernistiese epistemologie ontwikkel het. Hieruit blyk dit dat hoewel die postmodernistiese epistemologie antimetanarratief ingeste s sommige postmodernistiesgesinde akademici dit as 'n tegniek gebruik om absolutisties-marxistiese idees te bevorder. Hierby is sosialegeregtigheidsbewegings waaraan sommige Christelike groeperinge deelneem, ingesluit.

dekonstruksionisme; epistemologie; Karl Marx; marxisme; metanarratiewe; postmodernisme; sosialegeregtigheidsbewegings


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top