Open-access Spirituele en etiese transformasionele leierskap: Kritiese diskoersanalise binne 'n praktiese teologie praxis

Abstract

Hierdie artikel poog om hernude fokus te plaas op etiek in kontemporere dialoog in terme van waardegebaseerde leierskap. Derhalwe word die waarde van betekenis in sosiale navorsing en kritiese diskoers analise binne die raamwerk van 'n leierskapsdiskoers-praxis bestudeer. Diskoers konsepte, onder andere oorheersing en mag, word geanaliseer in die lig van die (her)produksie van onderdrukking, ongeregtigheid en ongelykheid. Die mate waartoe alledaagse idees en handelinge van die magtige en dominante leierskap elite etiese en/of onetiese publieke interaksie bei'nvloed en oorheers, word geanaliseer. Die hipotese is dat etiese diskoershandelinge (praktyke) ware en/ of betroubare etiese en transformatiewe leierskap kan bevorder.


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top