Open-access 'n Teorie van vooronderstellings: Kuyperiaanse bydraes

Een van die belangrikste temas van die huidige wetenskapsfilosofie is die ontdekking van vooronderstellings, aannames en raamwerke as faktore wat wetenskaplike navorsing kan beïnvloed. Hierdie artikel verken die ontwikkeling van 'n teorie van vooronderstellings binne die Kuyperiaanse filosofie. Die outeurs wat in hierdie studie bespreek word, verteenwoordig enkele Kuyperiaanse families: Dooyeweerd, Vollenhoven (kortliks), Wolterstorff, Klapwijk, Duvenage en Botha. Die perspektief is sowel histories as sistematies. Histories word na die belang-rikste outeurs verwys wat 'n bydrae gelewer het om die basiese kenmerke van so 'n teorie te vestig. Sistematies probeer die artikel om die voorstelle van elke bydraer te evalueer deur hulle waarde en grense te meet. In die proses verdedig die outeur in baie gevalle sy eie voorkeure en dui die rigting aan wat gevolg behoort te word.

Christelike wetenskap; Kuyperiaanse tradisie; vooronderstellings; voorwetenskaplike; vooronderstellingsraamwerke; teoretisering; wetenskaplike


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba