Open-access Moraliteit, die opdringerige en die voorwaardelike

Morality, the obtrusive and the conditional

Die sekularistiese (immanentistiese), historistiese en pluralistiese aard van huidige denke bemoeilik die artikulering van transendentale voorwaardes virmoraliteit. Oënskynlik is dit veral die konstantheid van 'n struktuur vir moraliteit wat as transendentale voorwaarde vir moraliteit in die spervuur is. Maar 'n aggressiewe immanentisme wat veroorsaak dat 'n transendente oorsprong vir moraliteit glad nie eers op die agenda van laat-moderne denkers mag verskyn nie, is waarskynlik net so 'n akute uitsluit van transendentale oorwegings. In hierdie artikel word gewys op die (soms onbewustelike) ervaring van sommige filosowe dat 'n konstante struktuur vir moraliteit ditself wel aan ons opdring. 'n Verdere aanspraak is dat 'n soortgelyke opdringerigheid bemerk kan word ten opsigte van 'n samehangende verskeidenheid morele bronne (d.w.s. bronne wat hulle transendentaal t.o.v. mekaar bevind). Die "gewaagdste" argument is vir 'n transendentale transendente oorsprong vir moraliteit.

modern; postmodern; laat-modern moraliteit; etiek opdringerige transendente; gegewe universele; konstante voorwaardelike; transendentale


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo