Open-access Secularisation in Christian higher education: A Reformed perspective from the works of BJ van der Walt

Die sekularisering van Christelike hoeronderwysinstellings bly 'n beduidende uitdaging binne die hedendaagse hoeronderwyslandskap. Aan die hand van die werke van BJ van der Walt word faktore wat vanuit 'n reformatoriese perspektief tot die sekularisering van Christelike universiteite bydra in hierdie artikel ondersoek. Die studie volg 'n kwalitatiewe benadering wat gebaseer is op Van der Walt se gepubliseerde werke, relevante sekondêre literatuur en semigestruktureerde onderhoude wat gedurende 2024 met hom gevoer is. In die artike word daar argumenteer dat sekularisering nie as 'n enkele gebeurtenis verstaan moet word nie, maar eerder as 'n geleidelike en kumulatiewe proses wat deur filosofiese kompromiee, wêreldbeskoulike verskuiwings en institusionele aanpassing gekenmerk word. Deur middel van tematiese analise identifiseer die studie 12 faktore, wat herhaaldelik voorkom, wat tot sekularisering bydra. Hierdie faktore word binne drie onderling verweefde vlakke georganiseer, naamlik fundamentele filosofiese en teologiese dwalings, wêreldbeskoulike en epistemologiese tekortkominge, asook institusionele en strukturele afwykings. Daar word besondere aandag gegee aan temas soos dualisme, sintesedenke, die verlies aan Skrifgesag, postmoderne relativisme, die kommodifisering van kennis en die verbrokkeling van Christelike institusionele identiteit. Die studie kom tot die gevolgtrekking dat Van der Walt se reformatoriese raamwerk 'n belangrike analitiese en normatiewe perspektief bied vir die verstaan van sekularisering binne Christelike hoer onderwys. Verder word aangevoer dat Christelike universiteite hul identiteit slegs kan behou waar geloof, wetenskap en die praktyke van die instelling doelbewus onder die gesag van God se Woord geïntegreer bly.

BJ van der Walt; Christelike hoër onderwys; reformatoriese filosofie; sekularisering; universiteitsidentiteit; wêreldbeskouing


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba