Open-access Die mentor van navorsers om selfdoeltreffendheid te ontwikkel, met besondere verwysing na voorheen-benadeelde individue

Dit is noodsaaklik om onervare navorsers te help ontwikkel om produktief te wees. Baie voorheen-benadeelde individue toon 'n gebrek aan selfdoeltreffendheid ten opsigte van navorsing. Hierdie artikel ondersoek hoe hulle gementor kan word om hulle navorsingselfdoeltreffendheid te verhoog. Die studie word begrond deur die teorie van selfdoeltreffendheid - 'n aspek van die sosiaal-kognitiewe teorie. Insigte wat uit n diepgaande studie van sosiaal-kognitiewe teorie verkry is, uit die selfdoeltreffendheidsteorie en mentorskap, asook uit 'n voltooide mentorprojek, het gelei tot die formulering van drie basiese beginsels. Eerstens behoort instellings 'n ondersteunende omgewing te skep wat selfdoeltreffendheid in navorsing bevorder. Dit impliseer 'n ondersteunende en effektiewe kollektiewe stelsel. Die moontlike effek van prestasie-evaluering- en beloningstelsels moet ook in ag geneem word. Tweedens behoort mentorprojekte geleenthede te skep vir jong navorsers om op grond van geskikte aksies suksesvol te leer. Protégés moet dus in werklike navorsingsprojekte in klein groepies betrek word. Terselfdertyd moet die mentor vaardigheidsontwikkeling fasiliteer deur afrigting ("coaching") en aanmoediging. Mentors moet protégés derdens ondersteun om te glo in hulle eie vermoëns dat hulle suksesvol navorsing kan doen. Dit impliseer die fasilitering van positiewe emosionele toestande, die stimulering van selfrefleksie en n vergelyking met ander in die groep, positiewe evaluerende terugvoer en om n intensionele rolmodel te wees.

mentor protégés selfdoeltreffendheid; navorsing selfdoeltreffendheid; teorie sosiaal kognitiewe teorie voorheen-benadeelde individue


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba