Open-access Christian philosophy of education in South Africa: the cultural-historical activity theory to the rescue?

Abstract

Ouers se skoolkeuse het in die huidige omstandighede tot 'n ernstige probleem ontwikkel aangesien die meeste skole gesekulariseerd geraak het en dus nie die ouers kan ondersteun in hulle taak om die kinders ooreenkomstig die ouers se doopbeloftes op te voed nie. Om die probleem te vererger, het Filosofie van die Opvoeding ook uit die kurrikulums vir onderwysersopleiding verdwyn ten gunste van 'n blote teoretiese refleksie oor onderwys en opvoeding. Christenouers, -onderwysers, -sorggewers en ander -opvoeders het desondanks nog steeds 'n behoefte aan 'n Bybelsgefundeerde Filosofie van die Opvoeding. Hierdie artikel omlyn sodanige Filosofie van die Opvoeding. Dit benut die kultuur-historiese aktiwiteitsteorie as 'n raamwerk vir 'n stel Bybelse opvoedingsperspektiewe. Hierdie benadering voorkom enersyds besware teen 'n blote onsamehangende versameling Bybelse perspektiewe oor opvoeding en onderwys en andersyds besware teen die bou van 'n nuwe meesterteorie of grootskaalse narratief aangaande Christelike opvoeding.

opvoeding; onderwys; Christelike opvoeding; Christelike onderwys; filosofie van die opvoeding; Christelike opvoedingsfilosofie; Bybelperspektiewe; kultuur-historiese aktiwiteitsteorie


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba