In die fase wat as Suid-Afrika se tweede transisie voorgehou kan word (met kenmerke van institusionele verval), kom dit voor asof die ANC polities meer dominant word, sterker hegemonies en ideologies handel, met neo-patrimoniale eienskappe wat sterker na die oppervlak kom en oligargies manifesteer. Hierdie artikel analiseer die ANC se Polokwane-konferensie (kwalitatief en deduktief) as onderdeel van Suid-Afrika se tweede politieke transisie sedert 1994 en beredeneer potensiële uitkomstes (scenario perspektiewe) in hierdie verband.
partye en partystelsels; patrimonialisme; Polokwane konferensie; tweede politieke transisie