Hierdie artikel verken die onderbou van, sowel as die leemtes in 'n (tans) algemeen-aanvaarde definisie van sosiale ontwikkeling. Die mag van die hedendaagse kommersiële heerskappy word binne hierdie konteks opgevolg met goed-gedokumenteerde bewyse van die skade wat menslike welsyn berokken word in die belang van winsgewendheid. 'n Alternatiewe definisie van ontwikkeling word voorgestel met die profiel van 'n ontwikkelde gemeenskap as die slotsom. Die stelling word gemaak dat die huidige definisie van sosiale ontwikkeling min hoop bied vir Afrikalande om ooit "ontwikkeld" te wees. Terwyl daar nog uitdagings is om te oorkom, bied die voorgestelde alternatief 'n realistiese moontlikheid waarna gestreef kan word.
egte ontwikkeling; kommersiële ryk; ontwikkeling; psigologiese welstand; sosiale harmonie