Open-access Die vertaling van die Geneefse Kategismus (1542/1545) in Duits deur Sagarias Ursinus in 1563

Dit is met verbasing dat 'n mens in die "Opera Selecta Calvini" vol. 2 vind dat daar onder die latere uitgawes van die Geneefse Kategismus van Calvyn (1542/1545) ook 'n Duitse vertaling vanuit Heidelberg uit die jaar 1563 is. Nog groter is die verbasing om te lees dat niemand minder nie as Sagarias Ursinus, een van die hoofsamestellers van die Heidelbergse Kategismus (ook uit 1563), die vertaler is. Die indruk sou kon ontstaan dat die Kategismus van Calvyn aanvanklik die plek sou moes inneem wat later die Heidelbergse Kategismus toegekom het. Die titel van die Duitse vertaling van Calvyn se Kategismus is ook interessant: "Kategismus van die protestantse kerke in Frankryk". In 'n brief aan Calvyn het Olevianus op sy beurt verduidelik dat hierdie titel vir die vertaling gekies is omdat daar gevrees is dat die Duitsers andersins nie die kategismus sou lees nie. Uit 'n vergelyking van die tekste is dit duidelik dat Ursinus sowel die Franse weergawe van 1542 as die Latynse weergawe van 1545 as grondteks vir sy Duitse vertaling gebruik het. Hy vertaal letterlik, maar nogtans tree daar, soos verwag kan word, enkele veranderings in die betekenis van deurslaggewende teologiese wysigings na vore. 'n Vergelyking met die Heidelbergse Kategismus is egter moeilik, omdat Ursinus net een van die lede van die kommissie van samestellers van hierdie dokument is. Die teologiese korreksies wat hy in sy Duitse weergawe van Calvyn se Kategismus aanbring, wys dat sy vertaling daartoe neig om die soteriologiese sin te benadruk. Beza sou die een wees wat uiteindelik Calvyn se teologie onomkeerbaar in die rigting van die gereformeerde ortodoksie sou ombuig.

Calvyn; Geneefse Kategismus; Heidelbergse Kategismus; Ursinus


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba