Open-access Wanneer "paradigmas" verskil: wetenskaplike kommunikasie tussen skeptisisme en hoop in hedendaagse wetenskapsfilosofie

Die eerste helfte van hierdie artikel skets die prentjie van hedendaagse humanistiese wetenskapsfilosofie wat toenemend verstrengel raak in 'n verlies aan selfvertroue oor die moontlikheid van substansiële kommunikasie tussen wetenskaplikes wat tot verskillende paradigmas of vooronderstellings behoort. Die tweede helfte bestaan uit die reaksies van 'n denkskool in die Christelike filosofie oor hierdie troostelose moontlikheid van 'n kommunikasiekrisis. Die bronne wat die reformatoriese filosofie aanwend, so word geredeneer, stel waardevolle instrumente beskikbaar om 'n hoopvoller houding tot die wetenskaplike dialoog te skep. 'n Finale afdeling brei uit oor die moontlike oorsake van die probleme wat hedendaagse wetenskaps-filosofie in hierdie denkarea ondervind.

antitese, reformatoriese siening van; konsepte en stellings, teorie-afhanklikheid van; onvergelykbaarheid; raamwerk-afhanklikheid van teorieë; wetenskaplike kommunikasie


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Stay informed of issues for this journal through your RSS reader
Go to top