Open-access Gaan deur die nou poort in en stap die moeilike pad: Die rol van Christelike leiers in die openbaarmaking van morele boosheid in die Suid-Afrikaanse werkplek

Abstract

Die Suid-Afrikaanse werkplek is kompleks - dit word beïnvloed deur ons konflikbelaaide verlede, maar moet ook 'n menigte hedendaagse uitdagings die hoof bied. In hierdie artikel word die aard en uitwerking van sedelike bedorwenheid in die werkplek met verwysing na die plaaslike regering bespreek. Daar word betoog dat Christelike leiers die teenwerking van onbekwaamheid, die gebrek aan verantwoordelikheid, onregverdigheid teenoor eerlike personeel, eng groepsamehorigheid en misbruikende uitoefening van gesag deur die bestuur, geldig en konstruktief in die openbaar kan aanpak. Vir hierdie taak moet hulle egter versterk word deur hulle verhouding met God te verdiep, morele onderskeiding te ontwikkel, in hulle vaardigheid om verantwoordelik op te tree te groei, en hulle te beywer vir die bevordering van menslike samehorigheid.


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompañe los números de esta revista en su lector de RSS
Ir para arriba