Open-access Om te vlieg op die vlerke van Vollenhoven se radikale Christelike lewensvisie: 'n Herevaluering van 'n gangbare tipologie van Christelike lewensvisies

Hierdie artikel ondersoek in hoofsaak die tradisionele tipologie van Christelike lewensvisies vanuit die perspektief van die Christelike filosoof, D.H.Th. Vollenhoven (1892-1978). Daarvolgens word die gangbare kategorisering, wat by Niebuhr (in 1951) 'n aanvang neem en later ook deur verskeie reformatoriese denkers aanvaar is, bevraagteken as te simplisisties, omdat dit Christelike denkers en denkskole in slegs vyf tipes probeer indeel. Die artikel toon aan dat lewensvisies - ook die Christelikes - meer komplekse verskynsels is. Hulle mag byvoorbeeld nie as blote logiese of estetiese 'stories' beskou word nie. Vollenhoven se sistematiese filosofie en sy filosofiese historiografie (sy teties-kritiese benadering) bied belangrike suggesties vir 'n nuwe wyse om verskillende Christelike lewensbeskouings te bestudeer en bied daarbenewens ook die moontlikheid om 'n duideliker, radikaler en omvattender Christelike lewensvisie, wat op God se drievoudige skeppings-, skrif- en vleesgeworde openbaring gegrond is, te vergestalt.


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo