Open-access Waardes en die noodsaak van 'n karakteropvoedingsprogram binne kollegeverband in die Noordwesprovinsie: Verkenning en voorlopige voorstelle

Values and the need for a character education programme within the college context in the North-West Province: Exploration and preliminary proposals

Waarde- en karakteropvoeding bevat boustene om n gesonde samelewing in stand te hou. Waarde- en karakteropvoeding het die potensiaal om morele kwessies in die samelewing te han-teer, veral by opvoedingsinstansies soos skole, kolleges en universiteite. Een van die belangrikste doeleindes van waarde- en karakteropvoeding is om studente in staat te stel om die lewe in sy volheid mee te maak. Waarde- en karakteropvoeding sou moontlik kon help om aan die jeug van Suid-Afrika 'n beter lewe en toekoms te bied. Uit die beskikbare literatuur is dit duidelik dat die samelewing 'n krisis ten opsigte van waardes, karakter en moraliteit ervaar. Die vervlakking van menslike en samelewingswaardes - soos weerspieël in die media - het die huidige regering genoodsaak om 'n waarde-opvoedingsprogram in kolleges en ander instansies soos universiteite te begin. Om die waarde-oriëntering van studente in Verdere Onderwys en Opleidingskolleges (VOO) van die Noordwesprovinsie te bepaal, is n empiriese ondersoek gedoen om die opinies oor en bydraes van waarde-opvoeding en karakteropvoeding vas te stel. Verder is semi-gestruktureerde onderhoude gevoer met die studenteraad, die hoof van studente-ondersteuningsdienste, asook 'n beampte van die studente-ondersteuningsdienste.

karakteropvoeding; karakteropvoedingsprogram; Verdere Onderwys en Opleidingskollege (VVO); waardes


location_on
Scriber Editorial Systems Scriber Editorial Systems, 67 Sanglen 365 Glenwood Road, Faerie Glen, Pretoria, Gauteng, ZA, 0081, Tel: +27 83 973 0443 - E-mail: support@koers.co.za
rss_feed Acompanhe os números deste periódico no seu leitor de RSS
Ir para o topo